, ,

Vrystaatstories

R300.00

“Early Bird” bestellings

BESKIKBAAR JUNIE 2024

Liewe “Early Bird”, Dankie vir jou vooruitbestelling. Hierdie boek is beskikbaar vir aflewering einde Junie.

 

Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.

In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.

Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.

Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.

Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.

In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

 

SKU: 978-1-991256-70-6 Categories: , ,

BESKIKBAAR IN JUNIE 2024
KINDERS
SAGTEBAND
R300.00
222 mm x 148 mm
280 bladsye
ISBN: 978-1-991256-70-6

Henning van Aswegen is ‘n gebore en getoë Vrystater wat sy kinderverhale, volksverhale en avontuurstories uit die hartjie van Afrika skryf. Sy kinderboeke sluit in: 101 Slaaptydstories, Die Avonture van Mossieman en Geronkie die Donkie, die Mason in the Jungle-reeks, en nou Vrystaatstories. Hy woon en skryf in die kusdorp Strand naby Kaapstad, vanwaar hy sy gunsteling-tydverdryf beoefen nl. om die manewales van walvisse, vissermanne en dolfyne dop te hou.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Vrystaatstories”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top