
Het jy n boek geskryf?
Naledi het die volgende voorskrifte vir manuskripvoorleggings:
- Stuur jou manuskrip in Word-formaat wat geset is in ’n maklik leesbare lettertipe soos 12 pt Arial of Times New Roman met dubbelspasiëring.
- Sluit ’n dekbrief in wat die volgende inligting bevat:
- Jou kontakbesonderhede
- ’n Kort opsomming van die inhoud van jou boek: Vertel ons in een bladsy waaroor jou boek gaan.Wat is die sentrale temas, wie is die sentrale karakters. Is jou boek bv. ’n spanningsroman of ’n liefdesverhaal?
- ’n Kort biografiese opsomming: Vertel ons wie jy is. Het jy enige vorige publikasies agter jou naam?
- ’n Kort bemarkingsplan: Hoe lyk jou boek se teikengehoor? Het jy enige bemarkingsidees?
Stuur gerus jou manuskrip na naledi@mweb.co.za. Naledi neem gemiddeld 1-2 maande om terugvoer oor manuskripte te gee.