,

Taboek

R250.00

Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie.
– Koos Kombuis

Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en  werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.
– Dana Snyman

Met ’n Taboek oor god lewer Riku Lätti ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.
– Danie Marais

 

 

 

 

SKU: 978-1-991256-79-9 Categories: ,

BESKIKBAAR IN MEI 2024

Digbundel R250.00

222 mm x 148 mm

ISBN: 978-1-991256-79-9

Riku Lätti is ’n sanger-liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer en filmmaker. Sy musiek is eklekties en ’n omarming van ’n groot hoeveelheid style. Hy is die mede-skepper van die klankbane van die TV-reekse Hopeville, Wie lê Waar en Vlug na Egipte. Hy komponeer musiek vir die films Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (Riku wen die SAFTA vir klankontwerp), Skemerson en die Jans Rautenbach-film, Abraham. Hy is die medestigter van Die Wasgoedlyn. Riku en Gideon Breytenbach wen saam die Cannes Film Award — Best African Film 2023 vir hul dokumentêr The Voice Behind the Wall.

 

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Taboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top