,

Skaakmat in Elf

(3 customer reviews)

R250.00

Twee vroue Mossadagente, een ’n Suid-Afrikaansgebore musiekonderwyseres en die ander ‘n Britse plantkundige, probeer om die meesterbrein agter die terreuraanval op die Israeliese Olimpiese span by die 1972-Spele in München op te spoor en te elimineer. Een misluk, met katastrofiese en verrassende gevolge. Die ander slaag, maar die nadraai is bittersoet. Op die vyftigste herdenking van die terreur-aanval vertel hul vriendin hulle verweefde verhaal aan ‘n navorser. Dit ontplooi tydens ’n skaakspel bestaande uit elf skuiwe. Die vraag is egter wie word in die finale skuif vasgetrek? Hierdie historiese fiksie debuutroman is gebaseer op ware persone en gebeure en speel af op die wêreldverhoog.

 

SKU: 978-1-991256-47-8 Categories: ,

BESKIKBAAR IN NOVEMBER 2023
FIKSIE
R250,00
222 mm x 148 mm
252 bladsye
ISBN: 978-1-991256-47-8

Etienne Labuschagne is in 1961 in Durban gebore. Hy is ’n senior advokaat wat as lid van die Pretoria balie praktiseer sedert 1988. Sy betrokkenheid by hoëprofiel-publieke regsake is goed gedokumenteer. Sy loopbaan as skrywer het sowat vyf jaar gelede begin met die skryf en illustreer van kinderverhale.

Etienne Labuschagne was born in Durban in 1961. He is senior counsel at the Pretoria bar, where he has been in practice since 1988. His participation in high profile public law cases is well documented. His career as an author started five ears ago with the writing and illustration of children’s books.

3 reviews for Skaakmat in Elf

  1. Ton Vosloo

    ‘n Mens lees krimi’s wat die spanning laat styg soos ons goed ken van Deon Meyer of Chris Karsten.
    Gebou op verbeelding gekoppel aan die heersende Suid-Afrikaanse toneel.
    En dan kry jy ‘n krimi met ‘n heel ander aanslag wat jou intrek soos ’n magneet. Dit is die historiese fiksieroman deur Etienne Labuchagne, Skaakmat in Elf.

    Labuschagne, ‘n advokaat, gaan haal twee Israeliese vroulike Mossad-agente, een gebore en Afrikaans getoë in Graaff-Reinet en die ander van die Britse adelstand en koppel hulle aan ‘n bloedbad wat die wêreld in 1972 geskud het. Hulle het die opdrag om die terreurleier wat in 1972 die Israeliese span by die Olimpiese Spele in München in ‘n slagting vermoor het, op te spoor en te elimineer.

    Dit gebeur in die jare van Koue oorlog tussen Rusland en die Weste, waar selfs ‘n skaakspel tussen die Russiese en Amerikaanse kampioene met politieke spanning deurtrek is. In Skaakmat in Elf loop die handelinge en spanning hand aan hand met ‘n pot skaak tussen ‘n onderhoudvoerder met Elana, die 96-jarige destydse Graaff-Reinetse vriendin van die Afrikaanse Joodse meisie, Sylvia Rafael. Om skaakskuiwe word die verstommende verhaal van Sylvia se loopbaan van die Oos-Kaap tot ‘n uitnemende Mossad-agent vertel met ‘n spanningslyn soos min.

    Die lewe van Sylvia, met haar talent as pianis en haar lewe van Suid-Afrika tot Europa, die Midde-Ooste en haar lewe en aanraking met ‘n Britse adellike wat in die geheim vir Israel begin werk, word geloofwaardig vertel . Dit is selde dat ‘n mens ‘n storielyn kry wat omtrent lees soos die ontplooiing van ‘n lopende berig in ‘n koerant.

    Labuschagne het sy agtergrond en feite deeglik nagevors in ‘n spanningsverhaal wat oor verskeie lande en kulture loop. En dan geloofwaardig ontplooi tot ‘n suksesvol afgeronde skaakspel.

  2. Hanne-Marie Steyn

    Skaakmat in Elf kon ek nie neersit nie. Die navorsing oor Sylvia Rafael is uitstekend en kolskoot. Voorwaar n baie goeie boek vir n debuut roman

  3. Harry Jordaan

    Wat n lekker spannende boek!
    Die skrywer het goed gebruik gemaak van sy intieme kennis van baie oorsese bestemmings om die karakters geloofwaardig oor die breedte van die aardbol te ontplooi.
    Gebeure van die verlede word ook goed ingeweef in die ontplooing van die storielyn.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top