, ,

Onze Rust

(1 customer review)

R260.00

Twee verhale word parallel aangebied.

Die eerste is die verhaal van twee predikante met verskillende
oortuigings, die een jonk, die ander op aftrede, wat
verskillende omwentelings in die gemeente beleef Die
verskille bereik soms breekpunt Met die verskuiwing van pres
Steyn se standbeeld begin Herman, die ouer predikant, nadink
oor Steyn se rol in die verlede en ervaar ook terugflitse na sy
eie lewe asook die tyd op die Grens tydens sy weermagdae
Herman word in sy huis aangeval en geskiet wanneer hy die
noodknoppie druk.

Die tweede wat nou verweef is met die eerste, is die verhaal
van President Steyn wat in 1905 op die trein van Kaapstad
terug na die Vrystaat reis terwyl Emily Hobhouse en Tibbie, sy
vrou, hom vergesel Hy worstel oor sy rol in die oorlog en met
die vraag of hy reg gedoen het deur nie oor te gee nie.

213 mm x 137 mm
194 bladsye
ISBN: 978-1-776172-95-5

1 review for Onze Rust

  1. Huibré Lombard

    Hierdie roman van Pieter Verster is ʼn boeiende en meesleurende verhaal. As mens die grootste deel van jou lewe in Bloemfontein gebly het, resoneer die titel Onze Rust onmiddellik met jou. Voeg hierby die voorblad met afbeeldinge van Onze Rust en die Klipkerk en mens dink dadelik dat dit nog ʼn geskiedenisboek is en wonder wat nog daaroor gesê kan word. As mens boonop dekades lank by die Universiteit van die Vrystaat gewerk het, is Pres. Steyn onwillekeurig deel van hierdie gedagtewêreld. Mens is dus effe onkant gevang wanneer die boek begin met ʼn erediens en, as ouer garde bietjie gesteurd oor die afgooi van die Batman mantel en moderne aanslag van ds. Jacques de la Bat. Ek kan myself vereenselwig met ds. Herman van Heerden se huiwering oor hierdie nuwe manier. Soos wat mens egter verder lees besef jy watter wonderlike verhaal hier afspeel. Die twee tydperke word parallel aangebied maar staan tog in sterk verband met mekaar. (Ek wil amper ʼn derde tydperk byvoeg, alhoewel kortliks, naamlik die tydperk van die Grensoorlog.) Wat sterk in die verhaal uitkom is die gevoel van skuld en vertwyfeling. Dit dui vir my op ʼn groot verantwoordelikheidsin wat ek nie oortuig is vandag meer so sterk figureer nie. Als moet vermaaklik en oppervlakkig aangebied word. Gewydheid en respek word nie meer geag nie. Die aanval op ds. Herman, die gewapende roof en die teistering van Magrieta skets die huidige toestande in ʼn neutedop. Aan die einde is daar egter ook uiteindelik aanvaarding en begrip. Hierdie boek kan nie net eenmaal gelees word nie. Met elke deurlees kom nuwe nuanses en sienings na vore en bring mens jou eie ervaringsveld en geestelike worsteling in berekening. Uiteindelik egter ook meer begrip – veral vir dίt wat die Suid-Afrikaanse man sedert die begin van die 20ste eeu moes ervaar en verwerk; nie net fisies nie maar ook geestelik. Beslis ʼn boek wat mens laat diep dink en innerlik aanraak.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top