, , , , ,

eBoek – Die Dame met Die Hondjie deur William Oosthuizen

R120.00

EISBN- 978-1-928518-98-3

 

Dit is 1899 – Anton Tsjechof, Rusland se voorste dramaturg en kortverhaalskrywer, bring sy dae in Jalta deur. Hy is ver van die plesiere van Moskou en van sy aktrise, Olga, en hy verlang na die lewe wat hy agtergelaat het.
Dan gewaar hy ’n jong dame, met haar hondjie aan haar sy. Oor die volgende dae kyk hy toe hoe die jong dame die prooi word van ’n ouer man, ’n boorling van Moskou. Teen sy beterwete word Tsjechof meegesleur deur hul liefdesdans, en laat dit hom by ’n kruispad in sy verhouding met Olga weens die ondeurdagte belofte wat hy aan die jong dame maak.


Naledi Online

William Oosthuizen is ‘n kortverhaalskrywer en dramaturg, met verskeie radiodramas wat reeds oor RSG uitgesaai is. Twee van sy kortverhale is gepubliseer, een as naaswenner van die SA Writer’s College se 2010 kortverhaalwedstryd en die ander as finalis van die 2011 Pen-Africa Studzinski Literêre Toekennings wat deur JM Coetzee beoordeel is. Gedurende 2012 is sy radiodrama ONS GAAN HUIS TOE aangewys as die wendrama in die RSG/Sanlam radiodrama kompetisie en is gedurende 2013 oor RSG uitgesaai. Verder is een van sy kortverhale – getiteld Board and Lodging – gedurende 2014 verwerk as ‘n kortfilm. Nog twee van sy radiodramas is gedurende 2017 en 2018 op RSG uitgesaai en ’n vierde van sy dramas word gedurende November 2019 uitgesaai.

****

William Oosthuizen is a novelist and dramatist, with several of his dramas having been broadcast on national radio. The Lady with the Dog is the his English language publication of his debut novel Die Dame met die Hondjie which appeared during 2019.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “eBoek – Die Dame met Die Hondjie deur William Oosthuizen”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top