, , ,

Worteltoon gaan jou vang

R140.00

ISBN: 9781928518228

’n Boelie leer ’n les
• Vir seuns én dogters 7+
• Kleurvolle illustrasies
• Wonderlike lewenslesse
• Moedig vriendskap aan
• Moedig liefde vir die natuur aan
• Bekendstelling aan botaniese boomnaam
Wian is nie lus om saam met Lana aan ’n taak oor ’n simpel boom te werk nie.
Hy is sommer kwaad vir alles en almal. Al bly hy saam met sy ryk ma en pa in
’n huis wat soos ’n paleis lyk, is hy baie alleen. Hy is stout en maak vir Lana
seer, want hy is jaloers op haar. Nie net is sy juffrou Hartlief se witbroodjie
nie, maar haar ma is vriendelik en gaaf. Hy wens sý ma was ook by die huis
as hy smiddae van die skool af kom. Hy is só kwaad dat hy sommer die
trosvyeboom se takke breek en die diere verjaag. Maar dan vang Worteltoon
vir Wian en leer hom ’n les wat hy nie gou sal vergeet nie!

 

Laantie le Roux is ’n grafiese kunstenaar en ook ’n ywerige aspirant-digter. Sy is ’n tuisteskepper en ook ’n gemeenskapswerker wat die belange van bejaardes op die die hart dra. Sy en haar man is woonagtig in Benoni, Gauteng, maar vehuis aan die einde van Augustus na Bredasdorp waar sy haar voltyds wil toespits aan skryfwerk en visule kuns.

Sy debuteer in die hoofstroom met Worteltoon gaan jou vang.


 

genre

Kinder- en jeug

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Worteltoon gaan jou vang”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top