, ,

Wildepruim

R275.00

Hierdie roman wat in die Kamdeboo-Karoo afspeel, is die verhaal van twee kinders wie se lewens gedurende hul volwasse jare onverwags kruis.

Dit is hier waar die Karoo-wildepruim groei — ‘n boom wat deur die hele verhaal as simbool van aanpassing, beskerming en oorlewing staan en as onverklaarbare mistieke dimensie die verhaal verryk.

Die storielyn word rondom vele menslike en omgewingskarakters geweef en vertel van die ruwe aardsheid van die streek, die egtheid van sy mense, sy diere en plante en ryk geskiedkundige, geografiese en geesteswêrelde. Die leser beleef dié unieke omgewing deur die ervarings van Katrina en Ella en loop saam op die spore van die streeksgeskiedenis soos deur fossiele, artefakte, rotstekeninge en die pad van die veeboerpioniers “vertel”.

WILDEPRUIM wys op die ironie van die lewe: Die eenvoud van ’n karige lewe lei tot waardering, vrolikheid en humor, en die letsels van die lewe ontsluit uithouvermoë, lewensvreugde en positiewe energie.

Hierdie sensitiewe roman en opbeurende krag van humor in die vele stories sal tot alle lesers spreek.

BESKIKBAAR IN AUGUSTUS 2024
FIKSIE
SAGTEBAND
R275.00
213 mm x 137 mm
280 BLADSYE
ISBN: 978-1-067234-10-2

Elmaré Lombard is ’n afgetrede sielkundige, dromer, liefhebber van mense, diere en plante en ‘n vasbyter wat nie sommer opgee nie. Hoewel sy sedert haar studentejare ‘n Stellenbosser is, is haar hart, soos dié van elke Karookind, maar steeds daar by die veld, die kultuur en die mense van die Kamdeboo. Soos die Karoo-pruimboom sal sy altyd in daardie omgewing geanker wees.

Sy behaal ‘n Meestersgraad in Sielkunde aan die Stellenbosch Universiteit. Haar loopbaan begin as onderwyseres-sielkundige waarna sy as gesinsielkundige begin praktiseer en ook ‘n groeppraktyk gevestig het.


Haar belangstelling in aromatiese plante en latere kennismaking met die fynboswêreld van die Wynlande en kusstreke van die Wes-Kaap, het gelei tot die stigting van ‘n onderneming met ‘n sosiale motief. Die uiteinde was haar skepping van ‘n produkreeks wat na Europa, die VSA en Kanada uitgevoer is. Haar produk is in 2005 as die beste produk op ‘n internasionale tentoonstelling in New York aangewys.
Alhoewel Wildepruim haar eerste boek is, was sy deurgaans betrokke by skryfwerk, meestal van ‘n korporatiewe aard.
Elmaré en haar eggenoot, Frikkie, woon reeds ‘n leeftyd lank op Stellenbosch.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wildepruim”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top