, ,

Wat ek van klippe weet – Jan Wagner

R260.00

Gedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling.

SKU: 9781928530633 Categories: , ,
  • Gedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by
    die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse
    digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling.
  • Uniek in Afrikaans bevat hierdie enkele bundel vaste digvorms soos
    die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle,
    haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers en prosagedig.
  • Uniek is ook dat die Afrikaanse vertalings Wagner se omvangryke
    en speelse gebruik van tradisionele rymvorme, maar ook ongewone
    rymvorme soos die skuinsrym, pararym en anagramrym weergee.

Jan Wagner
Vertaal deur Robert Schall
SAGTEBAND
213 mm x 137 mm
ISBN: 9781928530633

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar groot geword. Hy het aan die Universiteite
Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad gestudeer, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan
die Universiteit van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018.
Hy het GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits vertaal as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche, gepubliseer
in 2005. Sy vertalings van Afrikaanse gedigte in Duits en Duitse gedigte in Afrikaans het in die letterkundige tydskrif
Stilet en op versindaba.co.za verskyn. Hy het Jan Wagner se gedigte vertaal as deel van ’n Meestersgraad in
Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wat ek van klippe weet – Jan Wagner”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top