, ,

VOORBLAD

R290.00

Voorblad is ‘n misdaadroman vol intrige en afdraaipaaie wat die leser op die punt van sy stoel hou.

Wanneer die liggame van twee vooraanstaande sakemanne binne ‘n week na mekaar in hulle motors aangetref word, is die joernalis, Alex Rheeder, in albei gevalle eerste op die toneel. Die ondersoekbeampte, Kaptein Harold Beukes, wil weet waar Rheeder sy inligting kry, maar Rheeder is self in die duister oor die motiewe van die moordenaars wat hom van inligting voorsien. Binne ‘n aantal weke is daar nog vier moorde. Rheeder moet nie slegs die moordenaar of moordenaars ontmasker nie, hy moet ook die agterdog wat die ondersoekbeampte teen hom koester, besweer en twee aanslae op sy lewe trotseer.

Hy kry hulp uit ‘n onverwagte oord in die persoon van Vingertjies Mintoor, ‘n hawelose sakkrapper en rommel-entrepeneur wat belangrike inligting oor die moorde met hom deel.

‘n Keurder het die volgende gesê: “Die lakmoestoets vir hierdie genre is dat die leser nie die boek wil neersit as hy eers begin lees het nie. Die skrywer slaag hierdie toets. Hierdie skrywer kán skryf!”

SKU: 978-1-991256-27-0 Categories: , ,

Hannes Visser is in Roodepoort gebore en lei ‘n kleurvolle lewe. Hy was etlike jare in die onderwys waarvan bykans agt jaar as skoolhoof was. Hy het al versekering verkoop, ‘n kunswinkel en ‘n koffiewinkel bedryf, vir tien jaar as koerantredakteur gewerk en ook die politiek ervaar as die kommunikasiebeampte van ‘n burgemeester. Sy digbundel, Die jaar toe pa …, verskyn in 2019 en ontvang uitstekende resensies. As geakrediteerde lewensafrigter en berader skryf hy Ligloop as skoene te maklik pas wat in 2022 verskyn.  In 2023 verskyn ‘n satiriese digbundel, Donkirbedônirt, waarskynlik die eerste Afrikaanse bundel wat met beurtkrag draaksteek. Hy werk tans aan ‘n nog ‘n digbundel en ‘n tweede roman. Hy woon in Oudsthoorn met sy vrou Manda.

Hannes Visser was born in Roodepoort and has led an eventful life. He spent several years in education of which eight years were as principal. He has sold insurance, ran an art dealership and coffee shop, spent 10 years as an editor of a newspaper and experienced the political scene as a Communications Officer for a mayor. His poetry volume, Die jaar toe pas …, appeared in 2019 with excellent reviews. As an accredited life coach and counsellor, he wrote Ligloop as skoene te maklik pas which appeared in 2022. His 2023 book of satirical poems Donkirbedônirt was the first Afrikaans work to poke fun at loadshedding. He is currently working on another book of poetry and a second novel. He lives in Oudtshoorn with his wife Manda.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “VOORBLAD”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top