,

Voete van klei

R240.00

Moenie dít nie en moenie dát nie het baie keer die teenoorgestelde uitwerking op tieners. Hoe praat ʼn ouer dan met ʼn kind oor ʼn
sensitiewe onderwerp soos voorhuwelikse seks?
• As Christenouer weet Lizelle von Wielligh hoe moeilik dit is om leiding vir haar kinders te gee. Daar kom ʼn dag wanneer jy nie meer namens hulle besluite kan neem of keer dat hulle hul koppe stamp nie. Hoe berei jy hulle dan voor op die versoekings wat oor hulle pad mag kom?
• Jesus het graag deur middel van stories ʼn boodskap aan mense oorgedra. Dit is waar Lizelle aan die idee vir haar nuutste roman,
Voete van Klei, gekom het. Sy glo vas ʼn storie het groter trefkrag as ʼn preek wat jy vir ʼn kind afsteek.
• Die leser kan in Voete van Klei met Jenna se onsekerheid oor haarself en haar voorkoms identifi seer. Hulle raak saam met haar verlief op die gewilde Claude de Ridder en sweef saam met haar in die wolke wanneer hy haar uitkies. Wanneer Claude haar druk om verder te vry, deel hulle in haar worstelstryd, want sy wil hom nie verloor nie. En wanneer sy dan uiteindelik swig, dra hulle saam met haar die gevolge.
• Die skrywer gaan omsigtig te werk met fi sieke aanraking. Sy hanteer Jenna se misstap met deernis en laat die leser met die versekering dat God se genade altyd sal sorg vir ʼn lig aan die einde van die tonnel. Daarom is die boek nie net vir tieners bedoel nie, want ons het eintlik maar almal voete van klei.

 

SKU: 978-1-991256-57-7 Categories: ,

BESKIKBAAR: NOVEMBER 2023
ROMAN
SAGTEBAND
R 240.00
213 x 137 mm
264 bladsye
ISBN: 978-1-991256-57-7

Lizelle von Wielligh is in Benoni in Gauteng gebore waarna sy in Ermelo grootgeword en ook later rekeningkunde deeltyds gestudeer het. Sy het haar BCompt-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi. Haar roeping om liefdesverhale te skryf, sal sy egter
vir niks verruil nie. Deur karakters te skep, kry sy kans om in ander mense se skoene te staan. Dit het haar ʼn deernis en liefde vir haar medemens gegee en haar geloofslewe verryk. Haar eerste roman, Lisa se Hartsgeheim, het in 2018 verskyn. Teen 2023 het daar
reeds veertien titels uit haar pen verskyn.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Voete van klei”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top