,

Van toeka af die toekoms in

R350.00

Dit is ’n eerlike, gebalanseerde en geslaagde poging om die geskiedenis weer te gee van die oudste departement Afrikaans aan ons Suid-Afrikaanse universiteite.

Die departement het oor meer as ’n eeu ’n uitsonderlike bydrae tot Afrikaans en die dissipline Afrikaans gelewer. Dit sal hopelik as aansporing vir ander departemente van Afrikaans dien om met iets soortgelyks vorendag te kom.

Fransjohan Pretorius

Professor Emeritus

Dept. Historiese en Erfenisstudies

Universiteit van Pretoria

Mei 2023

 

 

Dit is ’n deeglike rekord en een waarmee die samestellers en medewerkers tevrede kan wees.

Dit alles bied wat my betref ’n indrukwekkende prentjie van ’n departement wat inderdaad sy kant gebring het om Afrikaans as ’n akademiese vak in die land gevestig te kry, uit te bou en ook om dit in stand te hou, selfs in ’n tyd waarin die vak en die taal wat die basis van die vak vorm, onder groot druk is. In hierdie opsig blyk dit dat die departement ’n ware storie het om te vertel en dat dit ’n storie is om te koester, omdat dit ’n storie oor interessante en unieke mense en besondere gebeure en invloede oor die verloop van meer as 100 jaar is.

.A.M. (Wannie) Carstens

Buitengewone professor in Afrikaanse Taalkunde

Navorsingsfokusarea Tale en literatuur in die SA konteks

Fakulteit Geesteswetenskappe

Noordwes-Universiteit

Mei 2023

SKU: 978-1-991256-58-4 Categories: ,

BESKIKBAAR IN NOVEMBER 2023

PRYS: R350.00

245 mm x 168 mm

325 bladsye

ISBN: 978-1-991256-58-4

Redakteurs:

Angelique van Niekerk

Henning Pieterse

Jaap Steyn

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Van toeka af die toekoms in”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top