, ,

TUSSEN DIE HAMER EN DIE AAMBEELD… MET ALZHEIMERS

R220.00

SKU: 9781928530923 Categories: , ,

TUSSEN DIE HAMER EN DIE AAMBEELD… MET ALZHEIMERS

Alzheimers, soos ons as gesin dit die afgelope paar jaar leer ken het,
is ’n wrede, aftakelende siekte wat die slagoffer stadig maar seker
bekruip en onverwags inhaal, sy gedagtewêreld in beslag neem, sy
geheue met hom laat parte speel en dan, mettertyd, sy hele menswees
stukkie vir stukkie in besit neem.
Dis ’n geheimsinnige siekte wat die persoon in ’n totaal ander mens
verander as die een wat jy geken het. Dis ’n uitmergelende siekte wat
die persoon se dierbares laat voel dat hulle letterlik tussen die hamer
en die aambeeld beland het.
Die doel van hierdie boek is om in alle opregtheid ander te help wie
se geliefdes deur alzheimers getref word en vir wie dit, net soos vir
ons gesin, ’n vreemde siekte is. Ons vertrou dat hulle versterk sal word
op hul pad met Alzheimer se siekte want ’n maklike pad is dit beslis
nie.

***

Wilna Hugo het in die Montagu-distrik grootgeword en het sedert haar hoërskooldae ’n
liefde vir skryf gehad. Dit was egter eers ná haar aftrede dat sy begin gedigte skryf het,
asook kort artikels en kinderstories.
Sy was vir ’n hele paar jaar lid van die Woordgilde in wie se bundels van haar gedigte
verskyn het. Sy publiseer ook ’n gedig in die 5de Bloemlesing, Teater van die Verlore Tyd,
van die Breedevallei Dichters (2012).
’n Klompie van haar geestelike gedigte is, sommer vir die gesin, in ’n bundeltjie So diep
afhanklik saamgevat.

 

***

NIE FIKSIE
SAGTEBAND
R220.00
213 mm x 137 mm
124 BLADSYE
ISBN: 9781928530923

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “TUSSEN DIE HAMER EN DIE AAMBEELD… MET ALZHEIMERS”

Your email address will not be published.

Shopping Cart
Scroll to Top