, ,

Troos in my stryd met kanker

R220.00

Was jy al langs ʼn siekbed van iemand vir wie jy omgee? Of dalk is jy self die een in die siekbed? Watter troos is daar?
In my bediening was ek al langs baie siekbeddens, veral by baie pasiënte met kanker. Soveel vrae, soveel seer, soveel onsekerheid.
Wat sê ʼn mens vir hulle? Watter troos kan ek bied? Woorde ontbreek meeste van die tyd.

As predikant was en is dit vir my baie moeilik . Wat lees ek? Wat kan ek sê? Watter troos en hoop kan ek uit die Bybel gee?

In hierdie boek kyk ons na ʼn aantal tekste wat ons kan gebruik as troos. Dit beweeg van troos, bemoediging en versterking na die ewige hoop wat ons elkeen het.
Jy kan hierdie boek vir jouself gebruik of dit vir iemand gee wat dit nodig het . As jong predikant het ek dikwels gesukkel om troos te bied aan mense wat dit nodig het. Met hierdie boek wil ek ook veral jong
predikante, pastore of trooswerkers ʼn hulpmiddel gee wat hulle kan gebruik vir hospitaalbesoeke .
Ek deel hierdie boek met almal wat troos en leiding nodig het.

SKU: 978-1-991256-61-4 Categories: , ,

BESKIKBAAR IN JANUARIE 2024
ALGEMEEN CHRISTELIK
R220.00
FORMAAT 213 x 137 mm
114 bladsye
ISBN: 978-1-991256-61-4

 

Marius Swart is in 1980 in Vredendal gebore . Hy en sy gesin verhuis na Barkly Wes in die Noord Kaap waar hy ook gematrikuleer het. Hy het teologie studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en sy finale jaar klaargemaak in ʼn gemeente in Kimberley.
In 2006 is hy as proponent aangestel by die NG Kerk Westergloed in Nelspruit en ook later as leraar van die gemeente. Sy passie is om mense te help en te vertroos en dit is juis die doel van hierdie boek

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Troos in my stryd met kanker”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top