,

STETOSKOOP 2

R260.00

Die wye verskeidenheid van onderwerpe beloof om die belangstelling te wek én te bevredig. Maak gereed vir enigiets van babelas tot teddiebere, pepermente tot wiskundige formules, en sokkerballe tot sifilis.

Benewens hierdie temas, ontbloot hy ook die verrassende kant van ’n hele paar vreemde karakters en beroemdes. Lees oor die Deense sterrekundige Tycho Brahe se bronsneus, die motorbouer André-Gustave Citroën se dobbelverslawing en die Nobelpryswenner Marie Curie se stormagtige sekslewe ná haar man se dood.

Professor Andreas van Wyk beskryf Stetoskoop 2 in sy voorwoord as ’n voortsetting van die ou tradisie van goeie Afrikaanse koerantrubrieke om ons leeswêreld en taal op ’n speelse wyse te verryk.

BESKIKBAAR IN AUGUSTUS 2024
NIE- FIKSIE
SAGTEBAND
R260.00
235 mm x 148 mm
212 BLADSYE
ISBN: 978-1-0672342-5-6

Heinz Mödler is ’n mediese spesialis, kunstenaar en skrywer van onder meer die topverkoper …en daar was dagga. Hierdie is sy sesde boek. Hy woon in Kaapstad.

In Stetoskoop 2 word die wetenskap, geskiedenis, medisyne en allerhande vreemde verskynsels in kort, pittige brokkies vir die leser verpak om aan te smul. Dié opvolg van die gewilde Stetoskoop 1 is ’n versameling van Heinz Mödler se trefferrubrieke wat deur Netwerk24 en Die Burger gepubliseer word.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “STETOSKOOP 2”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top