, ,

Sterretjiekind Naledi en ons eerste Stories

R260.00

“Oumie, wat is godsdiens?” Dit het Naledi een middag ná skool vir haar Oumie gevra. En weet jy wat? Daar vertrek Naledi en haar Oumie toe op ʼn gróót avontuur en ʼn opwindende ontdekkingsreis reg rondom ons planeet op soek na dit wat mense godsdiens noem en wat vir hulle sin in hul lewe gee. Van Oos na Wes, en van Suid na Noord. Kom saam!

ʼn Lees-, dink, knip-, teken- en plakboek vir kinders en hul oumas (en oupas, en ma’s en pa’s, en onderwysers) oor ons wêreld se godsdienste en oortuigings en hoe om ons wêreld ʼn beter plek vir al haar kinders te maak.

(https://naledi.co.za/product/naledi-child-of-stars-and-our-first-stories/)

 

 

SKU: 978-1-991256-29-4 Categories: , ,

Lizette Rabe, ’n joernalis en media-akademikus, het sowat twintig jaar ervaring in die mediabedryf en was onder meer redakteur van Sarie. In 2001 is sy aangestel as hoof van die nagraadse Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van verskeie akademiese en nie-akademiese publikasies. Die dogtertjie Naledi en haar ouma se opwindende ontdekkingsreis na die wêreld se gelowe wil begrip by almal kweek dat niemand se geloof “beter” is as enigiemand anders s’n nie en dat ons mekaar en mekaar se oortuigings moet respekteer.

R260,00
297 mm x 210 mm
58 bladsye
ISBN: 978-1-991256-29-4

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sterretjiekind Naledi en ons eerste Stories”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top