, , ,

Op pad na Grysberg

(1 customer review)

R240.00

Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word.

SKU: 978-1-77617-288-7 Categories: , , ,

Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.

 

Op pad na Grysberg is a game-changing novel in which 22 of the country’s foremost Afrikaans writers participated in this unique project. Op pad na Grysberg tells the story of M, a woman whose being is negatively impacted by the unyielding forces of a
post-apocalyptic world. She has one purpose only – to find her son who had undertaken a journey to Grysberg, the mountain looming in the distance, a beacon surrounded by mysticism. Nobody ever returns from Grysberg. Is that because of free will or because they can’t return from the netherworld? M undertakes this journey to the unknown – through the chaos and dust of Henza, past the feared ravine with the Curse of Kirikuk hanging over her head. Will she find her son or only more soul-destroying experiences? Will she have the courage to complete her journey? Op pad na Grysberg is a unique group-fantasy by some of South Africa’s finest authors who together explored the themes of identity, connectivity and the complex nature of a shared humanity.
.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is ‘n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
***
Twenty-two of the country’s finest, e.g. Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett and Brian Fredericks, participated in this unique project which not only demonstrates the diversity of Afrikaans literature but also celebrates the power of collaboration. Each writer has an own, unique perspective and style and the final product is an outstanding novel which, though a unity, also exhibits diversity. Journalist and author, Erla-Mari Diedericks did the editing. The author and freelance reviewer Stefaans Coetzee co-ordinated the project.

***

ROMAN
213 mm x 137 mm
147 bladsye
ISBN: 978-1-77617-288-7

1 review for Op pad na Grysberg

  1. Amanda Claassens

    Fantasie, mitologie en post-apokaliptiese spanningsverhale sal jy nie hoog op my lys van leesvoorkeure vind nie. Terwyl dit presies is wat die agterplat van Op pad na Grysberg belowe. Hoekom dit dan lees? Veel eerder is dit die indrukwekkende lys van bekende skrywers wat saamgewerk het om hierdie unieke roman daar te stel, wat my beweeg het. Dit, en doodgewone nuuskierigheid!
    “Ek is M. En vir ingeval jy wil weet. M staan vir niks, vir niemand.” (p.98) M leef onder haglike toestande in ’n wêreld wat verwoes is deur ’n vernietigende uitbarsting van die son. Haar man is ’n walglike dronkaard en wreedaard, haar enigste seun vort na Grysberg. Dit is vanuit hierdie uitgangspunt wat die skrywers hoofstuk vir hoofstuk hulle verbeelding en vernuf kon inspan om M se pad na Grysberg en moontlik ook haar seun, te karteer.
    Sonder ’n spesifieke geneëntheid jeens mitologie, is die rol van Ra, Isis en die sogenaamde Wyses vir my heel verteerbaar. M waag dit selfs om kritiek te bedink: “Hoe wys is die Wyses regtig? Niemand mag hulle of die gode bevraagteken nie, maar as jy enigeen van hulle nodig het, is hulle doodstil en die hulp skraal.” (p.77)
    Die projek was onder die leiding van skrywer en kampvegter vir Afrikaanse skrywers, Stefaans Coetzee. Die sentiment wat hom genoop het om hierdie groot werk aan te durf, was juis sy passie om kruisbestuiwing, soos hy dit verwoord, onder skrywers te bevorder. Met ’n uitgebreide en baie effektiewe bemarkingsveldtog, het die span nie alleen belangstelling in die boek verseker nie, maar het die skrywers mekaar oor en weer ondersteun en bemark.
    Aan Constant van Graan, met sy ervaring in die fantasie-genre (Jungu Josh) is die opdrag gegee om ’n basiese raamwerk vir die storielyn uit te werk Die skrywers is gekies uit ’n wye verskeidenheid van genres. Dit op sigself het my gefassineer. Sou ’n sinergie van soveel verskillende stemme moontlik wees? Ek was aangenaam verras met die gemak waarmee die storielyn gevloei het, hoe die spanningslyn behou is, en hoe daar keer op keer nóg ’n dramatiese wending in die reis ingeskryf is.
    Die resultaat was ’n uiters leesbare groeproman. Ingeval jy, soos ek, dadelik die name op die buiteblad tel, en by negentien uitkom: daar is ’n hoofstuk deur ’n anonieme skrywer, een deur Stefaans Coetzee self, en natuurlik is die aanvanklike groot bydrae gelewer deur Constant van Graan, met sy flair vir beplanning.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top