, , ,

OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK

(17 customer reviews)

R240.00

SKU: 9781776172795 Categories: , , ,

OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK

Olifant op ‘n sweefstok is so verfrissend soos ’n duik in jou gunsteling swembad op ’n snikhete somersdag. Hierdie dramatiese verhaal van ambisie en verraad, van groot droom en groter uitdagings trotseer, boei tot op die laaste bladsy – Jonathan Amid.

Die bekoring van die Olimpiese Spele dryf haar om ‘n roman te skryf met ‘n kinkel van misdaad, drama en aksie. Olifant op n Sweefstok is die eindproduk. Die lewe gooi Kyle drywend tussen twee trapezes met geen vangnet nie. Ansje veg vir Kyle se liefde terwyl swem hom opeis. Christoff, Bianca en Carla trek Martinette, die nuwe intrekker van die ou huis met die raaiselagtige Olimpiese swembad, die vriendekring in. Vlootkaptein Luke Maree seil met sy humor en sjarme die mengsel binne en lewens maak ’n tuimeldraai. Verraad gebeur wanneer geheime wat blootgelê moes word, stilgehou word.

Impulsiewe besluite word geneem tydens intieme, ekstatiese vuurwerkoomblikke. Misdaad en verliefdheids-waansin se lyne is grys wanneer liefde bewys wil word. Sosiale media is die kragtige instrument wat verwoesting of blits-roem bewerk. Met die jaagtog na Olimpiese plek, podium en glorie staan die wenners bo terwyl die verloorders sink. Swem meet in splitsekonde-slae terwyl liefde stadig of dringend in hartslae pols.
Wat sal dit neem om die olifant op die sweefstok te konfronteer?
***

Lelanie Roode matrikuleer in 1988 aan Rustenburg Hoërskool in Noord-Wes Provinsie. Sy het swem,gimnastiek, af-seisoen netbal en ballet beoefen. Sy het vir Tukkies geswem, verwerf die BLC.LLB. (Hons) Kriminologie-grade en doseer op ad hoc basis by die Regsfakulteit Universiteit van Pretoria. Die keuse om haar vier kinders voltyds groot te maak skep die geleentheid vir ‘n jarelange droom om te skryf. Sy publiseer kinderboeke en ‘n roman: Poorte. Sy rig hoërskool
swemmers smiddae af. Swem in die Coetzenburg swembad in Stellenbosch, haar tuisdorp, word weer ‘n gelukkige ruimte weg van die trauma van ‘n onlangse egskeiding.


 

AKSIE-ROMAN
SAGTEBAND
200 x 130 mm
150+ bladsye
ISBN: 9781776172795


Elephant on a trapeze is as refreshing as a dive into your favorite swimming pool on a hot summers’ day. This dramatic story of ambition and betrayal, of dreaming big and overcoming even bigger obstacles, grips right until the final page – Jonathan Amid

A fascination with the Olympic Games and the yearning to write a romance with a twist of crime, drama and action lead to Olifant op n Sweefstok. Life leaves Kyle buoyant in the gap as if between two trapezes with no safety net. Swimming captures Kyle but Ansje is passionately dedicated to him. Christoff, Bianca and Carla include Martinette, a newcomer to town staying in the old rundown house with the Olympic swimming pool, in their circle of friends. When charming, humorous Captain Luke Maree is introduced, pandemonium ensues.
Betrayal is not always in revealing a secret but also in keeping it. Social media’s out of control waves are devastating. Impulsive decisions are made amidst heartache, ecstatic and intimate moments. Powerful attraction and painful rejection meet and result in extreme highs and lows. Unexpected events and premeditated crimes occur. The chase towards Olympic place, podium and glory is within grasp. Winners stand tall and losers sink. Swimming is measured in split-seconds but love pulses in heartbeats. What will it take to confront the elephant on the trapeze?

***

Lelanie Roode matriculated in 1988 at Rustenberg High North West Province. Her main sports: swimming and gymnastics, netball and ballet in off-season. She swam for Tukkies, acquired degrees: BLC. LLB. (Honns) Criminology and she was an ad hoc Law Lecturer at the University of Pretoria. The choice to raise her four children full time created the opportunity to realise a dream of writing. She pubished Afrikaans children’s books and a novel: Poorte. She coached high school swimmers in the afternoons. Recently managing the trauma of a blindsided divorce she found the Coertzenburg pool in Stellenbosch, her home town, apart from writing and her children, a happy place.

17 reviews for OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK

  1. Corlia Smit

    Ek het die boek gister oggend begin lees na dit by my huis aflaai is, en ek het tot gistraand half 1 gelees en vanoggend verder gelees toe ek my oë oopmaak, ek het dit nounet klaar gelees.
    Wow, ek het nog nooit so gesukkel om ‘n boek neer te sit nie, ek kon nie ophou lees nie.
    Dit is so so goed en Lelanie Roode kan regtig trots wees, ek hoop sy weet dat dit een van die lekkerste boeke is wat ek nog ooit gelees het!

  2. Angelica Kruger

    Dit was een van die beste boeke wat ek al gelees het! Die storielyn is fantasties en die boek is so goed geskryf, ek kon dit nie neersit nie! Defnitief n gunsteling. Super trots op Lelanie Roode!!

  3. Karla Viviers

    Uitstekende boek! Ek het so lekker gelees daaraan. Ek kon dit nie neer sit nie. Ek sien uit om te sien watse blink toekoms vir Lelanie Roode voorlê.

  4. Maren

    Heerlike leesboek met spanning regdeur – Jy bly raai tot aan die einde oor wat gaan gebeur . As jy ‘n paar ure van geheel ontsnapping van die wêreld soek is hierdie die boek vir jou – mens kan dit nie neersit nie !

  5. Surika van Zyl

    Ek kon dit nie neersit nie! Dit is die tipe boek wat ek met almal in my lewe wou deel!

  6. Linsen Loots

    Olifant op ‘n Sweefstok skep ‘n fassinerende wêreld waar die spanning en adrenalien van kompeterende swem tasbaar is. Die karakters en hul verhoudings voel lewendig, met ‘n storielyn wat jou as leser tot op die laaste bladsy laat wonder hoe dit gaan uitdraai.

  7. Rita vd Mwe

    Uitstekende verhaal deur Lelanie.Ek kan die boek regtig aanbeveel vir almal wat graag lees.Ek sien uit na Lelanie se volgende boek!

  8. Anschen Conradie

    OlifantOpnSweefstok – Lelanie Roode
    #Naledi
    Anschien Conradie on Instagram

    Elke liefdesverhaal het ‘n beginpunt: ‘n glimlag; ‘n skalkse kyk; ‘n terloopse ontmoeting. Vir Marinette was dit ‘n verwaarloosde swembad met stinkende groen water. Toe sy en haar ouers in haar matriekjaar na Hattiesburg verhuis, was dit hulle eerste indruk van die nuwe huis: die groen grillerigheid van Olimpiese afmetings. En toe was daar Kyle; Kyle met die swemdrome, maar ook Kyle wat ‘n doodskis met hom saamsleep.

    Die roman volg die lewens van hierdie twee hoofkarakters oor ‘n tydperk van vyf jaar; Ansje se gewetenlose pogings om Kyle soos ‘n trofee in te palm; Luke wat onvoorwaardelike liefde en stabiliteit kan bied en, soos ‘n goue draad deur alles, die Olimpiese droom en die onverbiddelike eise van die professionele swemwêreld. In die agtergrond altoos die’ Dead Poet’s Society’-herinnering van Carpe Diem op die maat van Verdi se Gloria All’ Egitto.

    Die skrywer se eie agtergrond in swem verskaf ‘n diepte aan die watertonele wat van outensiteit spreek. Martinette se ervaring van onderwater-vrede word treffend beskryf as ‘Sy maak haar oë toe en neem die stilte in.’ (23) Primêre temas is verraad ‘Wat is beter: Die hou van geheime of die ontbloting daarvan?’ (136) en die skrikwekkende mag van sosiale media.

    Die roman is ‘n vars bries op die front van jong liefdesverhale, ten spyte van klein jakkalsies in die gedaantes van herhalings en oorverduidelikings. Die romantiese tonele is met beide sensitiwiteit en subtiele erotika ingekleur en is van hoogstaande gehalte. Dit word aanbeveel vir lesers van sestien jaar en ouer, en slaag daarin om die leser tot die laaste hoofstuk onseker oor die uitkoms te hou. ‘n Heerlike bonus is die insluiting van ‘n skanderingskode wat gevolg kan word na ‘n Spotify speellys met die musiek wat in die roman genoem word. ⭐️⭐️⭐️ #uitdieperdsebek
    2d

  9. Ilse Rousseau (verified owner)

    “Olifant op ‘n sweefstok”! Wat ‘n wow, as jy eers begin lees, kan jy nie die boek neersit nie. Wat nog te praat, die nuuskierigheid van wat gaan volgende gebeur! Well done, Lelanie Roode – ons is SO BAIE trot op jou! Gee jouself ook ‘n klop op die skouer, vir ‘n uitstekende storie.

  10. Suzaan de Vos

    Lelanie,jy skryf uitblinkend. Elke sensasie word gebruik om ‘n prentjie op elke bladsy te vorm. Ek was ook nou by die Olympics. Welgedaan.

  11. Liesel Mostert

    Wow! Hierdie boek hou jou aan die raai tot aan die einde. Kon hom nie neersit nie. Laat jou sommer weer jonk en verlief voel. Baie dankie vir hierdie pragtige boek.

  12. Dieuné Mostert

    Die boek was werklik ‘n avontuur gewees! Die liefde, opwinding en onsekerheid van verlief word so mooi vasgevang. Iets waarmee almal kan vereenselwig. Kon skaars die boek neersit, kan nie wag vir ‘n opvolg nie.

  13. Dieuné Mostert

    Die boek was werklik ‘n avontuur! Die opwinding, onsekerheid en passie van verlief wees is so goed vasgevang. Iets waarmee almal kan vereenselwig. Kon skaars die boek neersit, sien uit vir ‘n opvolg.

  14. Lydia Kloppers

    Wat ‘n lekker boek om te lees! ‘n Rolprent is beslis wat ons nodig het en dit sal sommer ‘n groot bederf wees. Uitstekende taalgebruik met ‘n storielyn wat verskeie vergete emosies wakker maak. Die boek laat mens sommer weer jonk voel en is moeilik om neer te sit. Dis verseker die regte medisyne om totaal te ontspan. Welgedaan Lelanie Roode, ons hoop daar is nog baie boeke in die pyplyn.

  15. Anet Elliott

    Dankie Lelanie. Ek het lanklaas ‘n boek gelees wat my geboei het tot op die laaste bladsy. Wow wow wow. Baie geluk.
    Ek kan nie wag vir die opvolg nie!

  16. Erina Skibbe

    Hi Lelanie, jou “Olifant op ‘n sweefstok” is in ‘n sysakkie van my oorvol rugsak saam Frankryk toe…en het net so terug gekom. Ek het gedink daar gaan baie tyd iewers op ‘n ou vensterbank, op ‘n klippiesstrand langs die Middellandse See, of iewers by ‘n straatkefeetjie wees om lekker aan jou boek te lees. Daar was amper nie tyd om te eet nie …ek het meesal op adrenalien gehardloop…só kom Olifant ongelees terug en toé moes ek inhaal vir die vale om agterstallige huishoudelike en sosiale vepligtinge weer op darum te kry…”rat race”! Só slaan ek toe laas Vrydag dek en beland in die bed met ‘n olifant van ‘n migrain…en dis toé dat ek besluit…basta, nou doen ek wat ek wil…wanneer ek wil en het die heke naweek in die bed deurgebring…kon nie vir “Olifant” neersit nie!
    Lelanie, jou beskrywings is só oorspronklik! Dit maak jou boek uniek…ek is nou nie ‘n letterkundige nie, maar ek dink dis ‘n ongelooflike boek! Well done!

  17. Alta

    Een van daardie boeke wat jy nie kan neersit nie.

    Lanklaas n boek so geniet en ek was tot op die einde nuuskierig.
    Hopelik is daar binnekort n opvolg!

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top