, , ,

NALATENSKAP

(7 customer reviews)

R260.00

SKU: 978-0-620-96493-7 Categories: , , ,

NALATENSKAP: Die Soet en Suur van Familieondernemings

Die lewe gaan oor keuses. Sommige keuses sal vir altyd by ons spook
Willem se veroordelende woorde teenoor sy enigste seun Wilhelmus se
keuse van ’n lewensmaat het veroorsaak dat hulle al vir meer as twee dekades
van mekaar vervreem is. Al wat nou sy lewe oorheers, is die diep begeerte om
sy seun net een maal weer te sien.
***
Dries is ’n voorbeeldige pa en getroue huweliksmaat. Sy onbesonne daad
met Marichen tydens ʼn studentetoer na die Oktoberfees in Duitsland jare
gelede, kom spook by hom toe Brigitte vanuit Duitsland by sy kantoor in
Middelburg opdaag.
***
Die verhaal in die boek is gebaseer op André Diederichs se uitgebreide
ervaring van familieondernemings waar baie van die konsultasies mediasies is
om konflik te ontlont. Tagtig persent van geregistreerde sakeondernemings in
SA is familieondernemings en 96% van kommersiële boere is familieboerderye.
As jy hou van die dramas en intriges wat in familieondernemings afspeel, en
ook wysheid oor die beste praktyke wil bekom, dan hoef jy nie verder as hierdie
boek te soek nie.
“Ek ken André al 36 jaar. Sy insig in die intriges wat binne familieondernemings
afspeel, maak dat die boek nie net ’n aangrypende verhaal is nie, maar ook
stof tot nadenke bied.”
– Fanie van der Merwe: Boplaas 1743, Koue Bokkeveld.
“André is altyd vol verrassings en so innoverend as wat ’n mens maar kan kry!”
– Willie Nel: Moolmanshoek, Oos-Vrystaat.

https://youtu.be/l_Fcv9hDgmg


André is ’n welbekende Christen-sakeman, openbare spreker en skrywer. Hy is ’n gereelde gas
op radio- en TV-programme. As ’n geakkrediteerde familieonderneming-konsultant het hy al
meer as 400 familieondernemings gekonsulteer. André is die medestigter en hoofsameroeper
van FABASA (Family Business Association of South Africa).


ROMAN
222 x 152 mm
296 bladsye
ISBN: 978-0-620-96493-7

7 reviews for NALATENSKAP

  1. Johann Diedericks

    Nalatenskap is ‘n boek wat uit praktiese ervaring en lewenslesse uit Andre se interaksie en konsultasie met van die grootste familie ondernemings opgedoen is. Ons kry n blik op die kompleksiteit en daaglikse hindernisse wat hierdie familie ondernemings ervaar. Die boek is beide leersaam en vermaaklik. ‘n Goeie koop vir die feesseisoen.

  2. Johann Diedericks

    N Baie goeie boek, onstspannend en leersaam.

  3. Quintus Neethling

    Excellent book

  4. Ronelle

    Ek is so bevoorreg om die eerste leser te kan wees. Verhoudings maak seer, rowe laat en mense sku maak vir die sanelewing en sy mense. André Diederichs vertel van sy eie seer en dit maak die boek so spesiaal en relevant. Baie geluk André, dis n wenner!

  5. Ronelle

    Ek is so bevoorreg om die eerste leser te kan wees. Verhoudings maak seer, rowe laat en mense sku maak vir die samelewing en sy mense. André Diederichs vertel van sy eie seer en dit maak die boek so spesiaal en relevant. Baie geluk André, dis n wenner!

  6. Lizette Neethling

    André het baie ervaring in dramas van familie ondernemings

  7. Ronelle

    Ek is bevoorreg om die eerste leser te kan wees van Nalatenskap. Hierdie boek het mydiep geraak omdat dit so relevant is – mese kry seer en daardie seer word weggesteek as ‘n oorlewingsmeganise. Die skrywer, Andrè Diederichs skryf oor sy eie seer wat hy in sy lewe moes deurmaak. Dis wat ons as lesers nodig het. Die wete dat elkeen seer in hom of haar rond dra en dat ons nie alleen is nie. Baie geluk met ‘n uitstekende boek Andrè. Geagte leser, leef jouself in die soet en suur van die lewe en mag die boek u net meer positief laat.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top