R250,00
213 mm x 137 mm
346 bladsye
ISBN: 978-1-991256-14-0
’N LEWE HIER
R250.00
‘n Lewe hier: Gedagtes oor tyd en ander gawes bevat ‘n keur uit die skrywes wat Saterdae onder die skrywersnaam RRV in die rubriek “Geestelike waardes” in Die Burger en op Netwerk24 se digitale platform verskyn het.
Hoe eien ons hierdie lewe, hiér en nóú, toe as óns lewe? Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels ‘n lewe – ook ‘n lewe saam met ander – wat in die teken van genade en dankbaarheid staan? Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs? Hierdie is van die vrae wat in ‘n Lewe hier ter sprake kom.
In die Voorwoord tot ‘n Lewe hier skryf Cas Wepener oor die skrywer en hierdie boek: “Vosloo lees wyd en hy sluit werklik ’n biblioteek vir die leser oop – teologie en filosofie is gunstelingvelde maar so ook prosa en poësie. Groot denkers se insigte word op bevatlike wyse kompak vir die leser ontsluit. Hy betrek ook films en musiek en reise en wyn. Alles wat beleef word, is ’n bron. Jy ontmoet medereisigers op die pelgrimstog van die lewe. Ook reisigers wat ons voorgegaan het. Mistici uit die Middeleeue en moderne monnike. Filosowe deur die eeue. Bybelkarakters en teoloë. En kunstenaars van alle genres wat deur skoonheid soek na sin.”
Reviews
There are no reviews yet.