n Dagreis ver – Zarine Roodt
Ek besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot my sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet ek eers my lewenslange patroon
van fisieke onaktiwiteit takel. Tot my ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat ek in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog … eers
na afloop van die Camino besef ek hoe my staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: Vir my is daar maar net één pad, en dis die
een wat ek self moet vind.
“Hierdie boek is allermins ’n gewone Camino-boek. Ja, dit is ’n bloedsweet-en-trane-weergawe van daardie beroemde staptog, en in hierdie
opsig is dit ’n lieflike reisgids, ’n stapboek duisend. Maar dit is méér. Dit is ook ’n gids vir die reis na binne; daardie reis wat begin wanneer die Camino
eindig. Dit is ’n gids wat jou kan help om al die stofwolke te hanteer wat die Camino in jou binneste laat opwarrel het, en om jou die lewenspad te
laat stap soos wat jy die Camino moet doen – met jou innerlike oog wawyd oop.” – FRANCOIS SMITH
***
Zarine Roodt decides to walk the Camino Portugués in anticipation of her 60th birthday. But in order to do so she first has to tackle her life-long habit of physical inactivity.
Disappointingly, her Camino is not the blissful and spiritual experience she had envisaged. Only after the Camino does she realize that the way in which her walk took shape, was in fact a psychological way-finder: For her there is only one
path, and that is the one she has to find herself. The first part of ‘n Dagreis ver shares Zarine’s experiences on the Camino and the understanding she comes to about past
events in her life; the second half of the book focuses on a series of dreams she has upon her return, and which turn out to offer the gifts of insight and healing exactly as she also enters a new phase of life.
Given the spiritual deepening experienced by so many in these post-Covid-times, this book is timeous.
_______________________________________________________________________________________________________________
Zarine Roodt beskou haarself as ‘n soeker en deel graag haar insigte met ander – of dit oor die Jungiaanse sielkunde, drome, of terapeutiese skryfwerk is – en sy bied retraîtes
aan waarvan dié onderwerpe deel is. Sy het een vorige memoire geskryf, enkelreis, wat in 2014 verskyn het. Sy het ‘n lewendige belangstelling in labirinte en is ‘n opgeleide
labirintfasiliteerder (deur Veriditas, ‘n internasionale organisasie); sy het ook al haar hand gewaag aan die bou van labirinte. Sy reis graag en ‘n paar van haar reisvertellinge het in
die gedrukte media verskyn.
Zarine Roodt views herself as a seeker and happily shares her insights with others – whether these are about Jungian psychology, dreams, or therapeutic writing. These subjects are
also integral to the retreats she develops and offers. She is the author of a previous memoir, enkelreis (Hemel & See, 2014). She is a trained labyrinth facilitator (with Veriditas, an
international organisation) and has built a number of labyrinths to date. She travels regularly and a few of her travel features have been published in the media.
NIE FIKSIE
SAGTEBAND
213 mm x 137 mm
280 bladsye
ISBN: 9781776172078
Reviews
There are no reviews yet.