Mianke fluister vir perde en skryf ‘n storie

R220.00

Mianke fluister vir perde en skryf ‘n storie

JAN BEZUIDENHOUT

Kan ʼn rock-ster op ʼn Karooplaas bly en werk? Natuurlik, dis presies wat Mianke van den Hever van Hanover is en doen. Dié besondere
plaasnooi, wat met Down-sindroom gebore is, boer en leef haar uit tussen perde, skape, beeste, wild, klein diertjies in die veld, haar honde
en die plaasmense op Beestekuil. Pa GP het vertel dat Mianke van kleins af ʼn boek wou skryf, maar dat die verstaan van letters en woorde haar
nie beskore is nie. GP vra of ek kan help om dié droom te verwesenlik? Sy het haar netjies voorbereide storie uit haar kop aan my vertel en dit
is hier op skrif gestel, soos sy dit wou hê.

SKU: 9781776172054 Category:

***

Would one find a rock star living and working on a farm in die Karoo? Of course, this is exactly what Mianke van den Hever of Hanover is and
does. This exceptional farm lass, born with Down Syndrome, farms and lives on the family estate, Beestekuil, surrounded by horses, sheep,
cattle, game and all other creatures on the farm. According to her father GP van den Hever, Mianke was set on writing a book from an early age,
despite the fact that she cannot not read or write. Could I help to realise her dream, GP asked me. So, Mianke told me her story, neatly packaged
in her head, and I wrote it down, just as she wanted.

NIE FIKSIE
SAGTEBAND
213 mm x 137 mm
80 bladsye
ISBN: 9781776172054

Jan Bezuidenhout:
Ek is ʼn Nataller van geboorte wat van kleins af lief was vir skribbel en lees. Ná matriek
op Dundee, diensplig en ʼn BA-graad by Kovsies het ek as verslaggewer by Die Volksblad
in Bloemfontein begin werk. Dit was ʼn streng en taai leerskool, waarvoor ek my sterre
vandag nog dank. Die nuusredakteur het eendag beveel dat ek voortaan oor die landbou
gaan skryf. Dit was die begin van ʼn verrykende loopbaan van bykans vier dekades in die
landboujoernalistiek. Tyd het bewys dat die mooiste en aangrypendste stories in die
landbou te vinde is – soos dié van Mianke.
Ek het in 2017 afgetree as redakteur van Landbou.com, Landbouweekblad se webwerf. Ek
en my vrou Jo-Anne is 39 jaar gelede getroud, ons het drie kinders en woon in Kaapstad.

Jan Bezuidenhout:
Born and bred in KwaZulu-Natal, I always had the urge to write. After passing matric in Dundee, national service
and a BA degree at the University of the Free State, I started working as a reporter for Die Volksblad, an Afrikaans
daily in Bloemfontein. Being a strict and tough learning curve, the news editor informed me one day that I would be
manning the agricultural desk. This was the beginning of a very enriching career of nearly four decades in agricultural
journalism. I retired some years ago as editor of Landbou.com, the website of Landbouweekblad.
While in Bloemfontein, I met a sparkling farm girl from Riviersonderend, and Jo-Anne and I we were married 39 years
ago. We have three children and live in Cape Town.
Lastly: Yes, the most beautiful stories are to be found amongst farmers, like this one about Mianke.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Mianke fluister vir perde en skryf ‘n storie”

Your email address will not be published.

Shopping Cart
Scroll to Top