,

Memoires van jou moeder

R450.00

 

Saamgestel deur Anné Pretorius:

Die ideale Moedersdaggeskenk (12 Mei 2024).
• Daarna is dit ʼn gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
Beskikbaar in April 2024.
• Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
• Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.
• Vergemaklik die uitdagende proses om jou lewensverhaal te skryf.
• Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.
• Daar is twee stewige koeverte waarin die ma memorabilia soos foto’s, briefies en ʼn geheuestokkie (ʼn USB vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas asook ʼn wêreldkaart waarop sy haar omswerwinge kan aandui.

 

SKU: 978-1-991256-78-2 Categories: ,

BESKIKBAAR IN APRIL 2024
Hardeband Joernaal
R450
240 mm x 176 mm
+/- 100 bladsye
ISBN: 978-1-991256-78-2

Saamgestel deur Anné Pretorius:
Anné het op Marble Hall grootgeword, is ‘n trotse BCom Tukkie Alumni en is vandag ‘n Pretorianer.
Sy en haar man, Stéfan, het met sitrus op Toitskraal geboer waar Anné die uitvoere van hul 250 ha-boerdery bestuur het. Ná die verkoop van hul eiendom spandeer sy baie tyd aan liefdadigheid en haar jarelange liefde vir skryf. Haar twee dogters, Enya (15) en Lua (13), is haar trots en bron van energie.
Sy onthou: Na my ma se skielike dood is haar lewensverhaal, wat sy destyds vir my opgeskryf het, vandag my kosbaarste erfstuk van haar. Sy het herinneringe uit haar lewe en van my en haar verhouding met my gedeel wat ek seker is ek andersins nooit sou weet nie. Met Memoires van jou moeder wil ek vir ander ma’s dit maklik maak om te onthou en te skryf, want ek glo dat dit vir ander van net soveel waarde kan wees as wat dit vir my is.

Kunswerke deur Marié Vermeulen-Breedt
Marié is ‘n alombekende kunstenaar wat op eie bodem en internasionaal geliefd is. Verskeie van haar werke vorm deel van internasionale maatskappye se versamelings, sowel as ons eie Sanlam, Sasol, die meeste banke, groot besighede en universiteite. Sy woon in die Oos-Kaap op ‘n plaas naby Adelaide. Sy het 3 kinders, Adelai (46), Japie (42) en Jean-Mari (29).

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Memoires van jou moeder”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top