, , ,

LODENE deur June Botha

R210.00

ISBN: 978-1-928518-76-1

 

  • Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood?
  • “Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat.

Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was.

  • Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee – maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan. “‘n Lewe vir ‘n lewe, Heer?” bedel sy, smeek sy totdat haar liggaam, opgekrul teen die koue vloer, snikkend boedel oorgee. “Lodene, móét jy haar noem,” hoor Lonika die verpleegster se sagte stem oor haar willose liggaam streel.

Naledi Online

June Botha behaal haar kwalifikasie in personeelbestuur in 1978 en bereik op ‘n vroeë ouderdom reeds senior vlak in die industrie. Sy behou haar passie vir die skryfkuns en ‘n aantal kortverhale vir bekende tydskrifte volg. Sy publiseer twee digbundels waaronder Mara, Winterslewe, Holklank van Binne, Woud en Water, in die ‘Komsat’, die publikasie van Afrikaanse digkuns verskyn. Gedurende 1992 – 1997 dien sy as oproepster by Radio Overvaal Stereo, ‘n gemeenskapstasie in Bothaville en sy bied onder andere ‘Kunstenaarsdebuut’ en ‘Kortbeentjietyd’ aan. Daarna volg Christelike kinderstories en legkaart-speletjies soos Die kruisiging, Noag se Ark, Adam en Eva, Kain en Abel. In 2007word sy genader deur die Uitvoerende Direkteur van ‘Radio Trans Wêreld’ om kort christelike verhale vir uitsending te skryf. In 2020 verdien haar kinderverhaal Sebastian,’n avortuurlustige leeuwelpie, ‘n ereplek in die korporatiewe wêreld en word deur die ‘Kishugu Groep van Maatskappye’ bekend gestel. Volgende is Snuffelgids, ‘n digbundel wat handel oor kortstondige oomblikke van lewenservaringe in die vorm van gedigte. Sy is tans besig met Vlug van die Nag, ‘n spannende

liefdes-moordverhaal. Om verder in haar belangstelling rakende die anatomie en fisiologie van die liggaam te voldoen, volg sy ‘n deeltydse studie in holistiese genesing en hoop om haar kwalifikasie in 2023 te behaal. ‘Abortion Survivors (VSA) (Pro- life)’ het June genader om die boek Lodene te skryf wat gebaseer is op die ware lewensverhaal van beide June en Lodene. Die boek handel oor verwerping, aborsie en die dood, maar genadiglik ook die waarde van ‘lewe’.


 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “LODENE deur June Botha”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top