, , ,

LIGVOETS OP DONKER PAAIE

R240.00

SKU: 9781776172320 Categories: , , ,

LIGVOETS OP DONKER PAAIE: Oordenkings in moeilike tye – Wilhelm Burger

Die Covid-19 pandemie het veroorsaak dat gemeentes nie meer eredienste kon hou nie. Om gemeentelede te bemoedig en te
ondersteun, het Dr Wilhelm Burger begin om elke dag ’n boodskap op te stel en na alle lede van die Onrusgemeente te stuur via sosiale
media en e-posse. Dit het ’n besondere band tussen gelowiges gevorm en het later uitgebrei na families en kinders oorsee. Elke
oordenking is vergesel van ’n gepaste lied.
Hierdie besondere toewyding en diens het veroorsaak dat hy versoek is om die daaglikse oordenkings voort te sit, selfs nadat byeenkomste
weer moontlik was. Hierdie bundel bevat ’n versameling uit die meer as 550 dagstukke wat opgestel is oor ’n periode van 2½ jaar.
***
Dr Clifford Heys: Aan die leser – Wilhelm vertel van die invloedryke denker, Augustinus, wat ʼn kinderstem gehoor het: “Neem, lees!”. Dit
het gemaak dat Augustinus omgedraai het terug na Jesus toe. Ek beveel hierdie oordenkings aan. Neem, lees, want dit neem jou terug
na Jesus.

***

Wilhelm Burger is in 1956 in Pretoria gebore en het in ’n predikantshuis saam met 4 susters grootgeword. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en

behaal die BA Admissiegraad in 1977, BTh aan die Kweekskool in 1980, Lisensiaat in Teologie in 1981, MTh in Kliniese Pastoraat in 1982 en die DTh in Praktiese Teologie in 1987.
Hy is getroud met Alna Venter en het drie kinders en vyf kleinkinders. Hy is in 1987 in die NG gemeente Kenridge, Durbanville bevestig. Daarna skuif hy in 1993 na Caledon-Wes in die
Overberg. Na vyftien jaar daar, aanvaar hy ’n beroep in 2008 na Onrusrivier. Hy emeriteer in Desember 2021 en is tans in ’n vaste-termynpos in Onrusrivier.

***

NIE FIKSIE
SAGTEBAND
213 mm x 137 mm
170 BLADSYE
ISBN: 9781776172320

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “LIGVOETS OP DONKER PAAIE”

Your email address will not be published.

Shopping Cart
Scroll to Top