,

Ina Rousseau-Digter van die kwiksilwerwoord

R350.00

In hierdie huldigingspublikasie word daar met vars oë gekyk na Ina Rousseau as digter, kortverhaalskrywer en vertaler. Sy was ’n eindeloos presiese en perfeksionistiese samevoeger van klinkende frases wat langsaam oor ’n tydperk van vyf dekades soos ’n koraalrif aangegroei het tot verse, digbundels en ’n indrukwekkende oeuvre. Haar heilsame, ambagtelike invloed is duidelik te bespeur in die werk van Afrikaanse digters sedert die tagtigerjare van die vorige eeu.
Rousseau se Engelse vertalings van haar eie gedigte is ook by hierdie bundel ingesluit. Dit is nog nêrens elders volledig gepubliseer nie.
Sy ontvang die Reina Prinsen Geerligsprijs voor Zuid-Afrika vir haar debuut Die verlate tuin (1954) en die Hertzogprys vir haar laaste selfstandige bundel ’n Onbekende jaartal (1995). Hierdie twee bekronings omkring as’t ware haar skrywersloopbaan: ’n kwiksilwersirkel.

Out of stock

SKU: 978-1-991256-44-7 Categories: ,

BESKIKBAAR IN NOVEMBER 2023
NIE-FIKSIE
R350.00
222 mm x 148 mm
336 bladsye
ISBN: 978-1-991256-44

Ina Rousseau- Digter van die kwiksilwerwoord word uitgegee deur SAAWK en Naledi
Daniel Hugo (Redakteur)

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ina Rousseau-Digter van die kwiksilwerwoord”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top