, , , ,

Kleur: My lewe, My lied – e-boek

Die e-boek is te koop direk op Amazon:

Koop e-boek

Kleur: My lewe, My lied

Kleur – my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ̶ van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen apartheid te beskerm het ʼn onuitwisbare indruk op hom gelaat en uiteindelik ʼn kruis geword wat hy steeds dra.

Kleur: My lewe, My lied –

Randall se sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom ʼn bekende en beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in die taal wat so na aan sy hart is.
In hierdie biografiese verhaal vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ʼn huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie en die duur prys van roem. Nou, ná die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder ʼn vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy soektog na identiteit word ʼn intense ontboeseming van ʼn man wat ̶ met ʼn glimlag en ʼn traan ̶ nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie.
In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy loopbaan beïnvloed het asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibië en die polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag, terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op ʼn onlangse bootreis ʼn nuwe rigting aan sy lewe gegee het.

Die e-boek is te koop direk op Amazon:

Koop e-boek

***

Print length ‏ : ‎344 pages

File size ‏ : ‎ 2598 KB

ASIN ‏ : ‎ B08Y7CHW63

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kleur: My lewe, My lied – e-boek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top