,

Karel Schoeman

R350.00

Stiltes en stemme is ’n huldigingsboek vir een van die belangrikste Afrikaanse skrywers, Karel Schoeman. Karel Schoeman se oeuvre verdien ‘n huldiging, selfs as mens slegs na die omvang van sy lewenswerk kyk:

  • 19 romans (en vier “jeugromans”);
  • 52 historiografiese en biografiese boeke;
  • 15 boeke is deur hom vertaal
  • 9 Reisbeskrywings
  • 2 outobiografiese werke
  • meer as 160 historiese artikels en resensies in verskeie publikasies.
  • Hy was ook die redakteur van 15 publikasies in die Vrystatia-reeks.

Syfers vertel egter nie die hele verhaal nie. In hierdie huldigingsbundel word die wyse waarop hy stemme uit die stilte van die verlede ontruk het, van nader beskou, en word klem geplaas op die wyse waarop hy stilte kon gebruik om stemme beter te laat hoor.

Schoeman se werk is al dikwels vergelyk met die werk van Marcel Proust maar die verband tussen hulle werk is nog nie tevore ondersoek nie. Willie Burger wys op merkwaardige ooreenkomste tussen Proust se literatuurbeskouing en Schoeman se roman.

Die boek word afgesluit met ‘n omvattende bibliografie van Schoeman se werk en al die resensies, besprekings, artikels, proefskrifte en verhandelings daaroor. Dit is ‘n onontbeerlike hulpbron vir enige verdere navorsing oor Schoeman.

 

 

SKU: 978-1-991256-46-1 Categories: ,

BESKIKBAAR JANUARIE 2024

NIE-FIKSIE
222 mm x 148 mm
460 bladsye
ISBN: 978-1-991256-46-1

Stiltes en stemme word uitgegee deur Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en kan ook bestel word by  melanie@akademie.co.za

 

Willie Burger (Redakteur)

Willie Burger is ‘n professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Karel Schoeman”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top