, , ,

IN PAS

R240.00

SKU: 978-1-77617-276-4 Categories: , , ,

IN PAS

Hierdie is die derde digbundel van Karel Prinsloo met Pretoria die hoofstad
as vertrekpunt. Kontemporêre gebeure en persoonlike ervarings van die
digter word ontgin om boeiende perspektiewe op die era en omgewing
waarin hy leef, te bied. Verskeie van die gedigte raak aktuele kwessies
in die hedendaagse Suid-Afrika en die wêreld aan: kragonderbrekings,
staatskaping, watertekort, omgewingsbewaring, pynhantering, mediese
kostes, eensaamheid, veroudering, Covid-probleme en wêreldonrus kom
ter sprake.
Roerende belewenisse eie aan sy persoonlike leefwêreld word in toeganklike,
beeldende verse weergegee. Sy kenmerkende digterstem en -styl word in
dié bundel verder verfyn en versterk.
***
This is Karel Prinsloo’s third volume of poetry with Pretoria, the capital city,
as point of departure. The poet explores contemporary events and personal
experiences, offering compelling perspectives on the time and environs
of his life. Some poems touch on topical South African and global issues:
loadshedding, state capture, water shortage, environmental conservation,
coping with pain, medical costs, loneliness, ageing, Covid problems and
worldwide unrest are broached.
Moving, personal experiences are reflected in accessible, expressive
verses. In this volume his distinctive poetic voice and style are refined and
strengthened.


Karel Prinsloo is die hoofredakteur en uitgewer van die Suid-Afrikaanse raktydskrif Plus 50. Hy is
ook die uitvoerende vervaardiger van die TV-reeks op kykNET, ‘Met ’n huppel in die stap’. Vroeër
in sy lewe was hy onder meer ’n universiteitsdosent, navorsingsbestuurder en direkteur van
organisasies. Hy dig tussendeur vir sy plesier. Behalwe vir sy drie digbundels het oor die jare heen
van sy gedigte in literêre tydskrifte en bloemlesings verskyn. Van sy gedigte is ook getoonset en
uitgevoer.
Karel Prinsloo is the editor-in-chief and publisher of the South African magazine, Plus 50. He is
the executive producer of the kykNET TV-series ‘With a spring in the step’. Earlier in his life he
was, among others, university lecturer, research manager and director of organisations, always
writing poetry for pleasure. Apart from three volumes of poetry, his poems have been published
in literary magazines and anthologies over the years. Some of his poems have been set to music
and performed.


DIGBUNDEL
SAGTEBAND
213 x 137 mm
104 bladsye
ISBN: 978-1-77617-276-4

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “IN PAS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top