Husky se bloedige Karooplaasvakansie

R200.00

Husky se bloedige Karooplaasvakansie deur Hannes Haasbroek

Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word.
Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier.
Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land.
Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om
saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland.

SKU: 978-1-776172-08-5 Categories: ,

Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n
kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer
dieselfde wees nie.
Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.

Hannes Haasbroek is in 1979 as historikus en hoof van die Departement Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein aangestel. Hy dien vir bykans 40 jaar in die hoedanigheid en tree
in 2018 af. In 1986 het hy sy D Phil-graad verwerf. In 1992 word hy die redakteur van die Museum se geakkrediteerde wetenskaplike joernaal tot 2009. Hy het talle historiese artikels in wetenskaplike
joernale, koerante en tydskrifte gepubliseer. Hy het twee biografieë (Cecilia Wessels en Bram Fischer – vir hierdie boek verower hy die SALA-prys) geskryf en twee boeke oor Bloemfontein,
almal wat gepubliseer is. In 2011 was hy genomineer vir die jaarlikse “Bloemfonteiner van die Jaar” wedstryd. In 2015 word sy fiksie-spanningsverhaal, Woudfontein, gepubliseer.

Hannes Haasbroek was appointed in 1979 as historian and head of the History Department of the National Museum in Bloemfontein. He held this position for nearly 40 years and retired in
2018. In 1986 he obtained his D Phil degree in History. In 1992 he became editor of the Museum’s accredited scientific journal until 2009. He has published many historical articles in scientific
journals, newspapers and magazines. He wrote two bioghraphies (Cecilia Wessels and Bram Fischer – he received the prestigious SALA for this book) and two books on the history of Bloemfontein, all
that were published. In 2011 he was nominated for the annual “Bloemfonteiner of the Year” contest. In 2015 his fictional book (suspence thriller), Woudfontein, was published.

JEUGVERHAAL
ISBN 978-1-776172-08-5

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Husky se bloedige Karooplaasvakansie”

Your email address will not be published.

Shopping Cart
Scroll to Top