,

Hallo Ma

R250.00

Hallo, Ma is ʼn verwerking van ʼn reeks rubrieke deur Chrisna Beuke-Muir wat die afgelope elf jaar in die Republikein se Ons Taal-rubriek verskyn het.
In die 84 briewe gesels sy met haar oorlede ma oor haar ervarings as letterkundedosent, dikwels in kombinasie met die Nederlandse literatuur, haar ervarings op die verhoog, en hoe Afrikaans ingewortel bly in Namibië, ’n land waar Engels die enigste amptelike taal is.
In die afsluiting van die briewe word die leser gekonfronteer met die skrywer se onsekerheid oor die Ander Dimensie waar haar ma haar nou bevind, waar daar nie meer soos deur ’n spieël in ’n raaisel nie, maar van aangesig tot aangesig gesien word.
Van die briewe laat jou skaterlag – soos die een oor haar Strandveld -pa se sê goed: “Siestog, daai ou het aankapknieë soos ’n kombuiskuiken”.
Ander is diep roerend oor die soms stormagtige verhouding met haar ma.

SKU: 978-1-991256-72-0 Categories: ,

BESKIKBAAR IN MAART 2024
NIE-FIKSIE
R250.00
213 mm x 137 mm
190 bladsye
ISBN: 978-1-991256-72-0

Chrisna Beuke-Muir (gebore Swart) is medestigter van die Windhoek Woordfees. Sy is gebore op Caledon in die Wes-Kaap, en skryf matriek aan die Hoërskool Bredasdorp (1974). Na haar studies aan die US, verhuis sy Windhoek toe waar sy vanaf 1986 tot haar aftrede klas gee aan die Universiteit van Namibië (Afrikaans en Nederlands). Haar doktorsgraad, getiteld “George Weideman as Dramaturg”, verwerf sy aan die UV.
Sy is getroud met Chris Muir, is ma van ses kinders en ouma van vyf.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hallo Ma”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top