,

Faust

R260.00

Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) is stellig die grootste Duitse digter; Goethe se drama Faust is sy bekendste werk en een van die grootste literêre werke in die Westerse kanon.

Die hoofkarakter, Faust, begeer onbeperkte kennis, mag en aardse genot, en in sy strewe daarna verkoop hy sy siel aan die duiwel. Die gevolge is ontstellend en bring groot ongeluk oor dié wat hom die naaste aan die hart lê. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin.

Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks.
Sowel die “verhewe” taal van die aanvangstonele en van Faust se alleensprake, asook die “boerse”, soms vulgêre taal van ander tonele (“Voor die poort”, “Auerbach se kelder in Leipzig”, “Heksekombuis”, “Walpurgisnag”) vind ʼn tuiste in Afrikaans.

SKU: 978-1-991256-52-2 Categories: ,

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Hy studeer aan die Universiteite
Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit
van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018. Hy vertaal GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits as
Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche (Kuiseb Publishers, 2005). Sy vertaling van ʼn bloemlesing uit die werk van die veelbekroonde Duitse digter Jan Wagner, uitgevoer as deel van ʼn Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat, verskyn in 2021 by Naledi onder die titel Wat ek van klippe weet ; dit was op die kortlyste van die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk en van die UJ Prize for Literary Translation

R260,00
213 mm x 137 mm
254 bladsye
ISBN: 978-1-991256-52-2

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Faust”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top