Plundering Ontbloot is ‘n spanningsroman oor die staatskaping wat die meeste Suid-Afrikaners
so die harnas ingejaag het. Die verhaal gee ‘n feitelike weergawe van die slim wyse waarop die
intelligensie verkry word om die plunderaars aan die pen te laat ry.
Ruan Terblanche, ‘n voormalige agent van die Nasionale Intelligensiediens, span sy kennis in om
die booswigte te jag. As navorser by die Instituut vir Navorsing, kan Ruan nie net terugsit terwyl
grootskaalse ekonomiese terreur plaasvind nie. Hy spring aan die werk …
Die skrywer, Fanie Cronje, deesdae ‘n sakeman en deeltydse omroeper by Netradiosa,was vir
vyftien jaar werksaam by die Nasionale Intelligensiediens. Hy gee lewe aan Ruan Terblanche as
‘n kader in die geheime wȇreld van die Intelligensiediens. Hy weet hoe want hy was daar.
Reviews
There are no reviews yet.