,

CHEMO, KOEKIES EN TEE

R175.00

Soms, net as jy dink jy is nou op ʼn goeie plek, word die mat spreekwoordelik onder jou uitgeruk. In hierdie geval was dit met ʼn kanker diagnose. Daar is al baie boeke oor kanker geskryf, en elkeen is uniek.
Chemo, koekies en tee sketse uit ʼn kankerstorie het ontwikkel uit ʼn paar refleksies, skryfseltjies en tekeninge wat aanvanklik as WhattsApp boodskappe versprei is.
Ons dra almal verskillende hoede in onderskeie kontekste en moet soms ʼn haas uit die hoed trek om te oorleef. Hier dra Anna haar kreatiewe hoed. Die sketse illustreer stories en soms ís die skets die storie.
Sommige lesers sou dalk van die sketse wou inkleur.
Elkeen van die sketse en stories kan alleen staan. Dit is egter ʼn konglomeraat van belewenisse en
interpretasies wat soos pêrels aan mekaar gestring word deur die goue draad van ʼn kanker diagnose.
Daar is humor en erns in hierdie memoires, maar dis nie ʼn swaarmoedige boek nie. Sommige lesers kan selfs ’n nuwe hoed opsit en die uitdagings wat die lewe bied met nuwe moed aanpak.

SKU: 978-1-991256-45-4 Categories: ,

Anna de Jager het in KwaZulu Natal grootgeword. Dit was nog altyd vir haar ʼn passie en selfopgelegde uitdaging om oomblikke vas te vang deur te skryf en te skets. Sy is in 1990 met Gert de Jager getroud en woon in Centurion. Hulle het twee dogters, Anita en Gerda en ‘n skoonseun, Marco. Daar het al verskeie vakpublikasies uit haar pen verskyn, maar hierdie is haar eerste memoires. Kort nadat sy haar PhD  voltooi het, is sy met borskanker gediagnoseer Chemo, koekies en tee sketse uit ʼn kankerstorie is ’n openhartige deel van ʼn eiesoortige perspektief, baie genade en dankbaarheid.

R175,00
213 mm x 137 mm
90 bladsye
ISBN: 978-1-991256-45-4

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “CHEMO, KOEKIES EN TEE”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top