Aarde na firmament

R240.00

Aarde na firmament:
Aarde na firmament is as ’t ware ’n pandemiebundel, waarvan die meeste gedigte in die inperkingstyd geskryf is. In die afsondering van
2020 en 2021 het Lina Spies ’n hernude band met die aarde gevoel en dikwels troos gevind by haar geliefde kat, Mouschi. In die drie
pandemiegedigte prys sy die manier waarop diere die aarde plek-plek as habitat heringeneem het eerder as om te fokus op die verskrikking
van die virus en die noodwendige eensaamheid en vervreemding van medemens, familie en vriende.

SKU: 9781928530886 Categories: , , ,

Aarde na firmament
Aarde na firmament is as ’t ware ’n pandemiebundel, waarvan die meeste gedigte in die inperkingstyd geskryf is. In die afsondering van
2020 en 2021 het Lina Spies ’n hernude band met die aarde gevoel en dikwels troos gevind by haar geliefde kat, Mouschi. In die drie
pandemiegedigte prys sy die manier waarop diere die aarde plek-plek as habitat heringeneem het eerder as om te fokus op die verskrikking
van die virus en die noodwendige eensaamheid en vervreemding van medemens, familie en vriende.

Die sigbare firmament is verbonde aan die vaste aarde. Uit dié verbintenis met die aarde is die liefde vir die natuur en Stellenbosch twee ander sterk
temas. Daarmee saam kom Lina se jare lange waardering vir klassieke musiek en letterkunde. Elke gedig verwoord ’n eg menslike ervaring,
met ’n inherente ritme en musikaliteit.
***
Salig is die Afrikaanse letterkunde, want daaraan word voortgebou deur die digters van alle leeftye, en begenadig is die Afrikaanse lesers
wat blootstelling kan geniet aan die hele spektrum van digterlike ervarings. Dis die refleksie by die lees van Lina Spies se nuutste
digbundel,
Aarde na firmament. – Jerzy Koch

***

Lina Spies is ’n digter en letterkundige. Sedert haar uittrede in 1999 aan die Universiteit van
Stellenbosch het die Eikestad haar kreatiewe habitat gebly. In dié tyd het drie digbundels
die lig gesien, asook verskeie navorsingsartikels, essays, ontledende resensies en vertalings
van bekende Nederlandse werke. Kort voor haar uittrede het sy as groot katliefhebber ook
’n versamelboek van geliefkoosde gedigte en verhale oor katte saamgestel.
Lina het al in haar kinderjare ’n liefde vir die poësie ontwikkel, danksy haar pa, en verdere
studie in die letterkunde was as ‘t ware ’n gegewe. Aan die Universiteit van Stellenbosch
het D. J. Opperman haar mentor geword en sy het haar M.A.-tesis oor Elisabeth Eybers
ook onder sy leiding geskryf. Lina het verder aan die Vrije Universiteit Amsterdam in die
Nederlandse taal- en letterkunde gestudeer en ’n diepe liefde en waardering vir die taal
en tradisies ontwikkel. Sy het in 1982 aan die Universiteit van Pretoria gepromoveer met ’n
proefskrif oor Opperman onder studieleiding van A. P. Grové. Van 1987 tot 1999 was sy as professor verbonde aan
die US se Departement van Afrikaans en Nederlands.

Lina Spies se oeuvre
Digby Vergenoeg (1971) • Winterhawe (1973) • Dagreis (1976) • Oorstaanson (1982)
Van Sjofar tot Sjalom (1987) • Hiermaals (1992) • Die skaduwee van die son (1998)
Tydelose gety (2010) • Sulamiet (2016) • Aarde na firmament (2022).

 

GEDIGTE
SAGTEBAND
213 mm x 137 mm
56 bladsye
ISBN: 9781928530886

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Aarde na firmament”

Your email address will not be published.

Shopping Cart
Scroll to Top